Graad 5 – Kwartaal 1: Werksvelle, Memos en video verduidelikings
Les 1: Getalle kleiner as 10 000
Die werkkaart fokus op:
- Tel in intervalle
- Ewe en onewe getalle
- Samestelling van getalle
- Vergelyk en rangskik getalle
- Afronding tot die naaste 5, 10, 100 en 1 000
- Waarde en plekwaarde
- Getalle op getallelyn
Les 2: Getalle kleiner as 1 000 000
Die werkkaart fokus op:
- Hoofreken
- Samestelling van getalle
- Vergelyk getalle
- Afronding tot die naaste 5, 10, 100 en 1 000
- Tel in intervalle
- Waarde en plekwaarde
- Getalle op getallelyn
Les 3: Afronding en optelling (getalle kleiner as 10 000)
Die werkkaart fokus op:
- Afronding tot die naaste 5, 10, 100 en 1 000
- Getalsinne
- Vorm ewe en onewe getalle met syfers
- Skat die antwoord van optelsomme deur elke getal tot die naaste 100 af te rond
- Optelmetodes (breek albei getalle op, breek slegs die tweede getal op en die vertikale ondermekaar metode)
Les 4: Aftrekking (getalle kleiner as 10 000)
Die werkkaart fokus op:
- Hoofreken
- Skat die antwoord van aftreksomme deur elke getal tot die naaste 100 of 1 000 af te rond
- Afrek op die vertikale ondermekaar metode
- Toets die antwoord van aftreksomme deur die teenoorgestelde bewerking te doen
Les 5: Vaslegging optel en aftrek (getalle kleiner as 1 000 000)
Die werkkaart fokus op:
- Rangskik van getalle
- Samestelling van getalle
- Vorm ewe en onewe getalle met syfers
- Skat die antwoord van optel- en aftreksomme deur elke getal tot die naaste 1 000 af te rond
- Optel- en aftreksomme
- Woordprobleme wat op optel en aftrek fokus
- Gr5 Kw1 Les5 werksvel
- memorandum
Les 6: Toets
Die werkkaart is ‘n toets wat fokus op al die werk wat in die vorige 5 lesse gedek is.